Thursday, February 23, 2012
   
Bedieninge Vrywilligers Musikante
Minimize
Vredelust Musikante

Vredelust musiekbediening bestaan uit ‘n groot klomp vrywilligers wat hulle tyd en gawes gebruik om saam die Here se Naam te verheerlik.

Enige iemand wat ‘n instrument goed kan bespeel of kan sing en geroep voel om sy/haar passie as deel van die musiekbediening uit te leef, is welkom om betrokke te raak.

Daar is tans 2 vaste orkeste wat by alle vernuwingsdienste die aanbidding lei.
Orkeste bestaan uit die volgende instrumente: klavier, keyboard, elektriese kitaar, baskitaar, akkoestiese kitare, dromme, sangers en enige ander instrument wat aanvullend kan optree bv. fluite, saxofone en viole.

Die orkeste is natuurlk net een been van die musiekbediening. Sonder die tegniese komponent van die bediening, kan ons natuurlik glad nie funksioneer nie!

Ook hier is vrywilligers se betrokkenheid van die grootste belang en word ons klank en rekenaars met hulle hulp suksesvol bedryf. Indien jou sterkpunt en gawe is om met tegniese dinge besig te wees, kan jy gerus hier inskakel.

Hier leef ons ons passie!

Hoe raak jy betrokke? Kontak Lina Gaum by lina@churchadventure.co.za of 082 337 4696.