Thursday, February 23, 2012
   
Bedieninge Vrywilligers Boekwinkeldiens
Minimize
Boekwinkeldiens

Ons benodig vrywilligers wat ‘n hart vir mense het, liefde vir geestelike bronne en wat bereid is om by die boekwinkel uit te help.

Die vrywilligers sal die volgende verandwoordelikhede hê:

  • Help met verkope op rekenaar.
  • Neem van bestellings.
  • Hulp aan kliënte wat bestellings kom afhaal.
  • Help met die hantering van geestelike voorraad. (Weeksdae)
  • Help met die kopiëring van preekopnames. (Weeksdae)
  • Help om maandeinde werk weekliks op datum te hou. (Weeksdae)
  • Help met verskeidenheid algemene admin funksies. (Weeksdae)

Ons benodig vrywilligers van Maandae tot Vrydae of Sondae om in een van die volgende tydgleuwe diens te doen:

  • Sondagoggende: 09:30 – 10:00 en 11:10 – 11:30
  • Sondagaande: 18:00 – 18:30 en 20:10 – 20:30
  • Weeksdae: 08:30 – 11:30
  • Weeksdae: 11:30 – 13:30
  • Weeksdae: 13:30 – 16:30

Indien jy betrokke wil raak by die boekwinkel op Sondae of gedurende weeksdae is jy welkom om Carina van der Merwe te kontak by (021) 950 4452 of bookshop@churchadventure.co.za.