Thursday, February 23, 2012

Divorce Care wil vir jou die geleentheid bied om binne groepsverband deur jou egskeidingsverlies te werk. Dit is vir almal wat deur ‘n egskeiding gaan, vir die wat alklaar geskei is en ook vir die wat deur die opbreek van ‘n lang verhouding is.

   
Bedieninge Pastorale Versorging Divorce Care

Hoop na verlies.

Divorce Care is ‘n 13-week program wat elke week deur ‘n sekere tema werk en praat wat relevant is tot egskeiding / opbreek van ‘n verhouding. 

 

Divorce Care het ten doel om:

  • ’n Veilige plek te bied vir mense wat verlies ervaar.
  • Hoop te gee tydens die trauma van egskeiding en verlies.
  • Mense in groepsverband te begelei op ’n pad van persoonlike genesing en geestelike groei

Meer oor Divorce Care:

  • Maandagaande 19h00-21h00
  • R200 per persoon
  • Oppasdiens vir kinders beskikbaar
  • Ondersteuningsnetwerk beskikbaar met verskillende hulpbronne tot jou beskikking

 

Die volgende Divorce Care siklus skop af Maandag 13 Februarie 2012. Indien jy belangstel, kontak vir Karin Muller by karin@churchadventure.co.za / 021-950 4463. Daar is ‘n waglys, so as jy nou al wil inskryf, laat weet gerus!

Navrae kan gerig word aan Karin Muller by Vredelust Gemeente tydens kantoorure (021 950 4440) 

Inskrywingsvorm