Thursday, February 23, 2012
   
Bedieninge Jeug Gesins- en Kinderbediening
Minimize
Gesins- en Kinderbediening

By Vredelust is familie vir ons belangrik - of dit nou deel is van geestelike familie of biologiese familie. Ons probeer intensioneel aandag gee aan gesinversorging in die vorm van gesinseredienste, ouerskapkursusse, gesinselgroepe en huweliksverryking oa. En natuurlik kuier ons as gesinne in die eg-Vredelust tradisie gereeld saam. Ons uitgangspunt bly doodgewoon dat geloofsvorming veronderstel is om by die huis te begin en ons probeer ouers daarmee help.

 

Kinders 0-12 jaar

Vredelust kinderbediening is hoofsaaklik verdeel in twee groepe: Kleuterkerk vir voorskoolse kinders en Kinderkerk vir laerskoolkinders van Graad 1 tot en met Graad 6. Albei groepe volg die MODKATS-currriculum wat deur vrywilligers op Sondae tydens die eredienste aangebied word. Verder kamp ons, hou vakansieklubs en maak ons seker kinders geniet dit by ons - solank hulle ervarings van FUN, FOOD, FRIENDS en FAITH in hulle geloofsreis bou en behou! Kinders tussen 0 - 3 word tydens eredienste deur vrywilligers binne veilige ruimtes opgepas.

 

Tieners

Daar is elke Sondag in die skool kwartaal 'n tienerdiens en kleingroepies om 17:30 - 19:00 in die Boston Kerkgebou.  Vir navrae kontak Pieta Wolfaardt by (021) 950 4464 of pieta@churchadventure.co.za.