Goeie, gesonde verhoudings met ander is ‘n baie belangrike deel van ‘n gebalanseerde lewe en is ‘n noodsaaklikheid om geestelik te groei. Ons het ander in ons lewe nodig! Vredelust se kleingroepe is ‘n ideale manier om vinnig deel te word van die gemeente, nuwe vriende te maak en sterk verhoudings te bou.
Vredelust het meer as 60 kleingroepe! Dus is daar beslis ‘n regte ene vir jou.
Kleingroepe het ‘n kleingroepleier wat elke sessie fasiliteer. Dit vind plaas een maal ‘n week en is ongeveer twee ure lank. Daar is tussen 6 – 12 mense in ‘n groep, wat saam eet, gesels, lag, deel, bid – en so geestelike vriendskappe bou. Kom raak connected!
Indien jy meer wil uitvind oor hoe kleingroepe werk of waar jy kan inskakel, gesels gerus met Christell King by (021) 950-4440 of cking@churchadventure.co.za.