Vredelust Pastorale Versorging bediening wil seker maak dat elke lidmaat na omgesien word en versorg word. Die volgende dienste is beskikbaar:
- Individuele berading: Vredelust beradingsentrum is vir Vredelust lidmate en nie-lidmate. Pastorale berading word gegee vanuit ‘n holistiese benadering waar die mens se liggaam, gees en siel in ag geneem word. Afsprake met Karin Muller kan gemaak word by (021) 950-4463. Kostes vir lidmate is R80 per sessie; nie-lidmate is R100 per sessie.
- Siekesorg: Ons wil graag weet indien jy hospitaal toe gaan of by die huis aansterk sodat ons mekaar kan versorg as Liggaam van Christus. Ons het ‘n pastorale span wat opgelei is om jou die nodige bystand te gee.
- Bejaardesorg: Sien Seniors vir meer inligting.
- Ondersteunersgroep: Indien jy die behoefte het aan geestelike leiding en bediening, ons het ‘n span ondersteuners wat graag saam met jou wil bid en die nodige bystand gee.