Is jy op soek na 'n plek waar jy bietjie kan ontspan, die lewe kan geniet en waar jy dalk in die proses 'n paar nuwe vriende kan maak? As jy jonk van gees is, is die Social Club net die ding vir jou. Ons beplan opwindende aktiwiteite vir 2010!
Ons gaan probeer om die eerste Saterdag van elke maand bymekaar te kom. Let op dat daar dalk kostes betrokke kan wees per geleentheid, maar ons gaan uitgawes tot 'n minimum probeer beperk.
Ons wil graag hê dat jy by die Social Club moet aansluit. Ons wil net graag jou e-posadres of selnommer hê om jou op hoogte te hou van dit wat ons beplan, en sodat ons jou kan laat weet as reëlings skielik verander.
Sluit hier aan!
Jy kan altyd ook die Social Club Blog hier lees en vir ons terugvoer gee hoe jy die Social Club ervaar!
Kalender